
Biografie
Stella (Combrink) skep kwaliteit Afrikaanse musiek vir die siel. Sy is bekend vir haar onlangse nr 1 treffer op Jacaranda FM, “Skree”, haar hartroerende duet saam met Adam Tas, “Ek Is Ryk” en haar nostalgiese “Die Berge Blou”. Stella se nuutste album, “Ek Kies Jou”, is in Augustus 2019 vrygestel en spog met 21 hoendervleismooi, oorspronklike, kontemporêre snitte wat haar gevoelvolle stem komplimenteer en haar vaardigheid as liedjieskrywer ten toon stel. Sy vorm ook deel van die Ghoema-bekroonde (Beste Gospelalbum) gospelgroep, Duis:Lig en is passievol oor lof-en-aanbidding in die kerk. Wanneer sy nie haar lyf musikant hou nie, is sy ook boervrou op hulle plaas in Carolina en ma van twee pragtige dogtertjies. Sy is ook mede-bestuurder van hulle pragtige gastehuis en trou-venue, Acorn Guest Farm.
Stella tree graag op by jou dames tee, lof-en-aanbiddings geleentheid, privaat funksie, fees, huiskonsert of teater.
Die Gallery
Media
DIE BERGE BLOU
EK IS RYK
TOEVLUG